Toep help om peste en plae vinnig te identifiseer

  • 08 October 2021
  • 1336
  • nuus



Die Corteva™ FarmFundi toep bied boere toegang tot ʼn omvattende digitale gids wat ʼn magdom peste en plae kan help identifiseer en op die manier hul reaksie daarop kan help verbeter.

Sodra ʼn verdagte siekte, swam, onkruid of insek met behulp van die toep geïdentifiseer is, kan boere per e-pos of via die webskakels vir hulp aanklop by kundige gewaswetenskaplikes van Corteva, terwyl ʼn span landboukundiges ook beskikbaar is vir behandelingsaanbevelings.

Ten einde die identifikasieproses te vergemaklik kan gebruikers foto’s op laai of skandeer wat saam met ʼn kort beskrywing van simptome en gepaardgaande aantekeninge op die gebruikersvriendelike platform laai. Op dieselfde manier kan kenners ook die jongste inligting oor nuwe, opkomende plae en neigings regstreeks bywerk en oordra.

Volgens Linda van der Merwe, Corteva Agriscience se bemarkingshoof, kos indringerspesies die landbousektor in Afrika om en by $74,3 miljard per jaar. Hierdie onkostes sluit nie die verliese van ongeveer $21,5 miljard wat insekte en ander plae gewasse berokken nie.

Van der Merwe meen die insig en kundigheid wat die toep vervat help om die risiko vir voedselsekerheid te verminder omdat die korrekte identifikasie van peste en plae aanleiding gee tot gepaste oplossings wat veilige bestuurspraktyke bevorder

* Die toep is beskikbaar in die Apple en Android toepwinkels.