Wat behels ‘n handelsoorlog nou eintlik?

  • 29 August 2019
  • 3413
  • podcast



Die kort en die lank is dat ‘n handelsoorlog om verskeie redes plaasvind maar die grootstes volgens Van der Walt is as gevolg van ekonomiese redes wat tariewe en kwotas tot gevolg het, en dat dit in ‘n sin ook ‘n tipe van ‘n magspel tussen lande is.

Rakende die impak van so ‘n verskynsel op die wêreldekonomie skep dit geweldige onsekerhede in ander lande spesifiek ook in ontluikende markte soos ons eie Suid-Afrika en dat dit ‘n oorspoeleffek het is verseker.

Dan het dit ook natuurlik ‘n impak op die landboubedryf. Van der Walt noem verder dat hierdie einste handelsoorlog die vloei van sojabone wêreldwyd beïnvloed het en dat die 25% heffing wat Sjina op Amerikaanse sojabone ingestel se impak gevoel word. Dit het dan ook wêreldpryse van hierdie kommoditeit verder uit mekaar laat beweeg. Dis darem nie alles negatief nie. Hy noem dat ‘n mens nooit ‘n goeie krisis moet mors nie want binne dié onsekerheid word daar geleenthede vir Suid-Afrika geskep om die Sjinese mark binne te dring hoewel protokolle daar baie streng is.

Luister hier na die onderhoud van RSG Landbou se Lise Roberts met Graan SA ekonoom, Luan van der Walt.