Nasie in Gesprek gaan lewendig dié week




Ons besoek ook die hartjie van die Noordwes-provinsie met Potchefstroom wat dié keer op die spyskaart is en jy baie pitkos kry oor die Universiteit en kunstefees hier en ander minderbekende aantreklikhede. Potch, soos dit alombekend staan, is ook ‘n groot landbouwêreld. Ons gesels met ‘n rigtinggewende veeboer in die omgewing, Gideon Ooosthuizen van De Beerskraal Boerdery, en leer dan ook ‘n bietjie meer oor leerlooiery. Aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie gesels met Ferdie Meyer, die direkteur van BFAP asook met Gerhard Schutte, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie.

Moenie hierdie episode misloop nie. Kyk na ‘n voorsmakie hier: