Brande verswelg meer as 50 000 ha veld in Vrystaat

  • 16 July 2021
  • 108
  • nuus



Dié brand het vanaf Jagersfontein tot Edenburg en Tierpoort ʼn spoor van verwoesting gelaat.

ʼn Sterk wind wat by tye tot 70 km per uur gewaai het, het Maandag en Maandagnag die vlamme aangeblaas en boere, hul werkers, die Vrystaatse Sambreel-brandvereniging (VSSBV) en lede van brandbestrydingsverenigings van so ver as die Oos-Vrystaat het onverpoosd gehelp om die brande te blus en voorbrande te maak.

In ʼn onderhoud met Landbou.com het Johann Savage Breytenbach, hoofbestuurder van die VSSBV en bevelvoerder van die brandbestrydingspanne, gesê dat die buitedele van die brand grootliks onder beheer is, maar dat verskeie aktiewe brande steeds binne die omtrek van die brandgebied bestry word.

Spanne van Working on Fire is tans besig met voorbrande en opruimingsbedrywighede om enige verdere opvlamming te voorkom.

* Skenkings kan via die Vrystaat Landbou (VL) Rampfonds gemaak word.