Agri SA gereed om in gesprek te tree oor Watermeesterplan

  • 06 Desember 2019
  • 2825
  • press-release




“Landbou as sektor is die grootste verbruiker van rou water en produksie is grootliks afhanklik van die beskikbaarheid en gehalte van water hulpbronne,” sê Janse Rabie, Agri SA Hoof van die  Sentrum van Uitnemendheid: Natuurlike Hulpbronne. “Die bekendstelling van die Meesterplan verskaf ‘n raamwerk vir toekomstige water- en voedselsekerheid en dien as vertrekpunt vir oorlegpleging met die regering in die toekoms.”

Agri SA is veral bemoedig deur die hernude pogings deur die Departement van Water en Sanitasie om met die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur saam te werk, asook beplande skakeling met die Suid Afrikaanse Plaaslike Regering Vereniging, om kwessies rakende die verval van infrastruktuur en watergehalte aan te spreek. Minister Sisulu se klem op die noodsaaklikheid vir etiese leierskap word ook verwelkom.

Agri SA waardeer die Minister se fokus op vennootskappe en haar insluiting van Agri SA as ‘n belangrike strategiese rolspeler. Die implementering van effektiewe waterbestuur is krities vir Agri SA en sy geaffilieerde lede.

Agri SA is verbind daartoe om met die regering saam te werk ten einde water- en voedselsekerheid asook ekonomiese vooruitgang te verseker.

Navrae:
Janse Rabie

Agri SA Hoof van Sentrum van Uitnemendheid: Natuurlike Hulpbronne

076 457 9601