Begrotingswenke om die BTW-styging te oorleef




Vir Senwes klante wat vir boerderydoeleindes vir BTW geregistreer is, sal hierdie ‘n klein impak hê aangesien BTW op alle groot insetkostes terug geeis kan word van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).


Maar ‘n verhoging in BTW beteken op die einde dat meer finansies aan lopende kostes spandeer sal word. “’n 52 sent per liter styging in die brandstofheffign sal lei tot hoër vervoerkostes en gevolglik ook die kostes van insetverskaffing sal verhoog wat dan die winsmarges van meeste graan negatief beïnvloed, en uiteindelik boerderywinsgewendheid,” sê Pieter Swart: Uitvoerende Bestuurder by Senwes. Swart het ‘n paar wenke oor hoe produsente by die BTW-styging kan aanpas.

  1. Maak seker dat jou boekhoudingsisteem in orde is.
  2. Maak seker dat jy vir BTW geregistreer is.
  3. Bewaar alle fakture en verseker dat jou en jou boekhouer se eise die toepaslike BTW eis.
  4. Hou ‘n goeie rekordhoudingsisteem en verseker dat jou eiese korrek gedoen word. (SimiFini is ‘n voorgestelde boekhoudingsisteem vir produsente).

Vir enige raad, moenie huiwer om Senwes Credit te skakel nie op 0184647800