Moeilik om te skil, maar vol smaak in episode 3 van Nasie in Gesprek




Buite Barkley-Wes neem Louis de Kock van Wildeklawer Boerdery ons deur die proses van uieproduksie en hoe hy sy eie pakhuis bestuur.

In die ateljee grawe Theo dieper in die ekonomie van die uiebedryf met Hendrik Eksteen, uitvoerende hoof van Grow Fresh Produce Agents wat by hom aansluit, terwyl Rozanne met Lindie Stroebel gesels oor die verskillende soorte uie wat in Suid-Afrika vervaardig en verbruik word.

Maak seker jy bly ingeskakel. Aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie sien uit om jou op ‘n reis te neem deur die 13-weke lange reeks waar mielies, rosyne, uie, lewende hawe, kwekerye, bosbou, beet, Nampo Oesdag, koring, katoen, pekanneute en situs bespreek word.

Moenie ‘n enkele episode van van hierdie interessante nuwe reeks misloop nie. Elke Donderdagaand om 18:00 op kykNET van nou af tot en met 27 Junie 2019. 

Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.