Ontsluit jou spuit belegging

  • 11 September 2018
  • 3140
  • scenario



Die nadele van wegdryfbare fyn druppels
Verlies aan fyner druppels as gevolg van wegdrywing tydens plaagdoder toedienings is ‘n groot bydraende faktor tot verlies aan plaagdoder effektiwiteit.

Dit het vier baie belangrike nadele, naamlik
1. Verlaagde bedekking op teiken onkruide en gewasse.
2. Verminderde druppelpenetrasie laer af in die gewas.
3. Verhoogde verdamping van fyn druppels.
4. Wegdrywing en moontlike onkruiddoder skade op nie-teiken gewasse.

‘n Groot gedeelte van plaagdoder toedienings mag as gevolg van wegdrywing en verdamping van klein druppels verloor word. Dit het ‘n direkte gevolg op produksie-kostes en oesopbrengs, naamlik deur:
• Verlies aan plaagdoder binne die gewasteikenarea, en moontlike gewasskade buite die teikenarea.
• Meer kompetisie van onkruide, verminderde insek- en swambeheer, wat alles ‘n negatiewe impak op oesopbrengs het.
• Veelvuldige plaagdodertoedienings, met al die gepaardgaande kostes.

Interlock verskaf ‘n oplossing
Interlock is ‘n unieke, nuwe generasie byvoegmiddel wat die volume wegdryfbare fyn druppels in spuittoedienings verminder. Dit sluit voordele soos bedekking en diepte van blaredak indringing in, terwyl dit wegdrywing uitsluit. Plaagbeheer word dus verhoog met ‘n gepaardgaande direkte positiewe effek op opbrengs.

Voordele van Interlock gebruik
• Splinternuwe tegnologie in Suid-Afrika.
• Verminderde produkverlies a.g.v. wegdrywing en verdamping, verhoogde blaredak indringing en bedekking.
• Gemaklike gebruik en lae dosis.
• Verdik nie die spuitoplossing nie en veroorsaak nie mengbaarheid probleme nie.
• Verander nie die spuitpatrone van spuitpunte nie.
• Kan met enige spuitpunte, wat die luginlaat tipes insluit, gebruik word.
• Dit skuif nie die druppelspektrum na ultra-groot druppels wat kan afloop of afhop nie, maar dit werk eerder by wyse van vergroting van die fyn druppels in die druppel spektrum.

Verhoogde bedekking
Interlock verhoog plaagbeheer deur spuitdruppel bedekking te verhoog.
Figuur 1.  Druppel afhop met en sonder Interlock


Water alleen

+ Interlock

+ Interlock + nie-ioniese benatter(soos Villa 51)

Figuur 2.  Bedekking op verskillende hoogdes binne die gewas


Onkruiddoder alleen

Onkruiddoder + Interlock

Verminderde wegdrywing
Interlock verlaag die volume fyn druppels in die spuitnewel, dus verminderde wegdrywing en verdamping.

Figuur 3.  Spuitpunte sonder en met Interlock


Onkruiddoder alleen

Onkruiddoder + Interlock

Verhoogde effektiwiteit
Interlock verhoog bedekking en blaredak indringing.  Dit verbeter dus beheer en sodoende verhoog dit gewasopbrengs.