Senwes Equipment gee wenke vir ’n probleemvrye plantseisoen




Senwes Equipment werkswinkels wil graag die nodige gemoedsrus vir die opkomende plantseisoen vir ons klante verseker deur ’n paar wenke en voorstelle om proaktief reeds na u planter en John Deere spuit om te sien.

  1. Is saadbakke en uitmeetmeganisme deurgegaan en gekalibreer vir optimale plantestand en spasiëring?
  2. Is nodige verstelling op koulters (saad en kunsmus) nagegaan en verstel volgens u behoeftes en spesifikasies?
  3. Is alle aandrywings en laers nagegaan en in ’n werkende toestand?
  4. Is hidrouliese stelsels nagegaan vir werking en lekke op u planter en trekker?
  5. Het u onlangs u John Deere spuit deur u werkswinkel laat inspekteer om sodoende te verseker dat u die regte hoeveelheid gif toedien en is daar ’n “nozzle flow check” gedoen?
  6. Is u plantermonitor getoets en reg opgestel om te verseker u gaan die regte hoeveelheid saad en kunsmis toedien indien u variërend plant?

Senwes Equipment werkswinkels het nou ’n inspeksieprogram waarvolgens meer as 70 punte op u John Deere planter nagegaan word. Die inspeksie gee u as klant die gemoedsrus om die plantseisoen met vertroue aan te pak en behels ook ‘n spuitinspeksie van ongeveer 150 tot 200 punte vir gemoedsrus tydens die belangrikste deel van u planttyd.

Wees verseker dat u enige tyd op Senwes Equipment werkswinkels se knoppie kan druk vir ongekende gemoedsrus en diens wat ons aan u kan bied vanuit enige van ons 18 bedieningspunte in die Senwes-gebied.

Vir enige navrae kontak gerus u naaste Senwes Equipment Werkswinkel.