Bek-en-klouseer | Beheergebied vergroot




Dié aanmeldbare en hoogs aansteeklike, ekonomies belangrike veesiekte het onlangs skielik ver buite die beheergebied versprei en belanghebbendes doen nou alles in hul vermoë om te verhoed dat dit heeltemal handuit ruk.

Die siektebeheergebied in KwaZulu-Natal lyk nou soos volg:

  • Die hele Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit, bestaande uit die plaaslike munisipaliteite van Jozini, Umhlabuyalingana, Groot Vyf Hlabisa en Mtubatuba:
  • die hele King Cetshwayo-distriksmunisipaliteit, bestaande uit die plaaslike munisipaliteite van uMfolozi, uMhlathuze-stad, uMlalazi, Nkandla en Mthonjaneni;
  • die hele Hluhluwe-Imfolozi-wildreservaat;
  • die hele plaaslike munisipaliteite Nongoma en Ulundi in die Zoeloeland-distriksmunisipaliteit;
  • die gedeelte van die Pongola-plaaslike munisipaliteit in die Zoeloeland-distriksmunisipaliteit wat oos van die R66, suid en wes van die N2 lê. Daarby ingesluit is die gedeelte wat oos van die N2 lê, bestaande uit die gedeelte suid van die P522-pad wat na Jozini lei;
  • die gedeelte van die Maphumulo-plaaslike munisipaliteit in die IIembe-distriksmunisipaliteit wat oos van die R74 lê;
  • die gedeelte van die Ndwedwe-plaaslike munisipaliteit in die IIembe-distriksmunisipaliteit wat oos van die R74 en noord van die P11-pad lê;
  • die gedeelte van die KwaDukuza-plaaslike munisipaliteit in die IIembe-distriksmunisipaliteit wat ten noorde van die P11-pad lê;
  • die gedeelte van die Mandeni-plaaslike munisipaliteit in die IIembe-distriksmunisipaliteit wat noord van die P110-pad, aan die oostekant van die R102 lê, asook die gedeelte noord van die Tugelarivier aan die westekant van die R102;
  • die gedeelte van die Umvoti-plaaslike munisipaliteit in die Umzinyathi-distriksmunisipaliteit wat aan die ooste-en noordekant van die R74 en oos van die R33 lê;
  • en die gedeelte van die Msinga-plaaslike munisipaliteit in die Umzinyathi-distriksmunisipaliteit wat oos van die R33 en suid van die Tugelarivier lê.

In Limpopo is die siektebeheergebied soos volg uitgelê:

  • Die hele Collins Chabane-plaaslike munisipaliteit;
  • die hele Thulamela-plaaslike munisipaliteit;
  • die gedeelte van die plaaslike munisipaliteit Groter Giyani Letaba en Molemole wat noord van die R36 vanaf die N1-snelweg op pad na Mooketsi lê. Dit sluit ook die gedeelte al langs die R81 vanaf Mooketsi tot waar die pad die Klein Letabarivier kruis, tot by die heining van die Kruger Nasionale Park in;
  • die gedeeltes van die plaaslike munisipaliteite Makhado en Musina oos van die N1, van waar die R36 die N1 kruis, insluitend die Musina-natuurreservaat. Die beheergebied loop dan al langs die Musina-nattuurreservaat se grens tot waar dit die Venetia-mynpad kruis. Dan volg dit die Venetia-mynpad tot by die R521 en volg dan die R521 tot by die landsgrens by die Pont Drift-grenspos;
  • en die noordelike grens is die landsgrens tussen die Pont Drift-grenspos en die Kruger Nasionale Park se heining, terwyl die Kruger Nasionale Park se heining ook as die oostelike grens dien.