Die jongste oor SA se bek-en-klouseer uitbreking

  • 10 December 2021
  • 1272
  • nuus



ʼn Totaal van 29 gebiede is geaffekteer, wat 27 diptenke en twee voerkrale insluit.

Tydens die uitbreking is wisselende kliniese tekens aangemeld, wat wissel van klassieke kliniese tekens van bek-en-klouseer in die betrokke gebiede, tot beeste in sommige serologiese positiewe gebiede wat geen sigbare tekens van infeksie getoon het nie.

Die 29 positiewe plekke wat geïdentifiseer is bestaan uit twee klusters van diptenke in kommunale weidingsgebiede sowel as twee kommersiële voerkrale. Kliniese en serologiese waarneming het aangedui dat daar geen verdere aktiewe verspreiding van die sieke onder diere is nie en voorsiening word gemaak vir slagtings wat onderworpe is aan spesifieke maatreëls om risiko's te help beperk.

Die afwesigheid van aktiewe virus-sirkulasie in die twee diptenk-klusters is nog nie bevestig nie, maar inspeksies en die insameling van monsters gaan voort.

Daar is voorts besluit om nie van inenting by dié uitbreking gebruik te maak nie aangesien dit duidelik is dat die siekte nie vinniger versprei as wat dit bekamp kan word deur die toepassing van bewegingsbeheer nie. Boere en diptenkverenigings het opleiding ontvang oor die belangrikheid van biosekuriteit tydens 'n siekte-uitbreking en daar is 'n beroep op hulle gedoen om dié praktyke toe te pas sodat die siekte nie verder versprei nie.

Die twee geaffekteerde voerkrale bly onder kwarantyn. Direkte slagting by toegewysde abattoirs gaan voort met spesifieke maatreëls om die risiko te beperk in lyn met die wêreldorganisasie vir dieregesondheid, die OIE, se dieregesondheidskode.

Vleis van geaffekteerde plekke is nie geskik vir uitvoer nie.