Samewerking die sleutel tot misdaadbekamping

  • 25 February 2022
  • 1044
  • nuus



Kruger meen dit is uiters belangrik dat boere daarop bedag is dat lede van misdaadsindikate gewapen is en dat dit belangrik is om met die polisie saam te werk wanneer diere teruggevind word. Die volgende riglyne is voorts van belang:

  • Maak seker dat jou diere gebrandmerk of getatoeëer is. Die meeste vee wat gesteel word is nie gemerk nie, en maak dit vir die polisie baie moeiliker om die vee op te spoor en aan die eienaar terug te besorg.
  • Meld veediefstal onmiddellik by die polisie aan sodat ʼn saaknommer toegeken kan word. Dit is belangrik om beide die saaknommer en die naam van die ondersoekbeampte te weet. Jy mag laasgenoemde kontak oor die vordering van jou saak.
  • Wanneer werkers aangestel word, moet verwysings voorsien word van vorige werkgewers. Op die manier kan jy ook oor die personeel beheer toepas omdat dit uit vorige veediefstalsake duidelik blyk dat werknemers in baie gevalle betrokke is by die misdade op een of ander manier.
  • Boere moet voorts verseker dat hulle Artikel 6, wat handel oor die oordraging van eienaarskap, en Artikel 8, wat handel oor veeverwyderingsertifikate, van die Wet op Veediefstal (Wet 57 van 1959) nakom.

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos aan veediefstalrpo@gmail.com.