Senwes kondig nuwe Hoof Finansiële Beampte aan




Klingenberg is ʼn ervare geoktrooieerde rekenmeester met ‘n loopbaan wat strek oor drie en twintig jaar.

“Die vul van die pos van HFB sluit ‘n deeglike en deursigtige proses af. Die direksie sien uit na die aansluiting van Carl by die groep aangesien hy met ervaring vanuit onder andere die mynbousektor, weer met ‘n ander perspektief ons besigheid mag benader,” het Danie Minnaar, Voorsitter van die direksie, gesê.

Francois Strydom, Groep Uitvoerende Beampte, verwelkom die aanstelling. Hy het die hoop uitgespreek dat Carl, wie se wortels aanvanklik ook vanuit die platteland kom, vinnig sy voete sal vind en die groep sal ondersteun in die verdere uitrol van ‘n baie gefokusde strategie.

Klingenberg behaal ‘n BCom (Rek) kwalifikasie in 1999, waarna sy loopbaan afskop by KPMG en hy verkry sy BCom (Rek) Hons. kwalifikasie in 2000. In 2003  kwalifiseer hy as ‘n geoktrooieerde rekenmeester. In 2004 sluit hy aan by die voormalige Deloitte and Touche in Bermuda. In Maart 2006 beweeg hy na die mynbousektor, eers na BHP Billiton as Ouditbestuurder en daarna Operasionele Finansies Leier. In Oktober 2011 kry hy die pos van Finansiële Bestuurder by Tendele Coal en word bevorder tot Uitvoerende Bestuurder: Finansies.

Hy is getroud en het twee jong dogters.

Vir meer inligting:

Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte:

018 464 7656

Francois.strydom@senwes.co.za

Elmarie Joynt, Groep Maatskappysekretaris en Hoof Regsadviseur:

018 464 7104

elmarie.joynt@senwes.co.za




Senwes se nuwe HFB, Carl Klingenberg. Hy is aangestel met ingang vanaf 1 Februarie 2023.