Senwes maak paaie gelyk vir produsente




Met dié realiteit in gedagte het Senwes, by wyse van ’n dinamiese samewerkingsooreenkoms tussen Senwes Grainlink Bedryf en Senwes Equipment, met ’n projek vorendag gekom wat dit ten doel het om vervalle infrastruktuur – met spesifieke verwysing na die toegangspaai na silo’s, aan te spreek.

Tien maande na die bekendstelling van dié projek is daar reeds 3 500km se padoppervlak geskraap en is daar ook in ’n tweede padskraper belê. Benewens toegangspaaie in die Vrystaat, is groot gedeeltes ook reeds in die Noordwes provinsie geskraap, waaronder die gebiede rondom Leeudoringstad, Wolmaransstad en Makwassie. Tans word daar in die Hallatshope-gebied en rondom die Melliodora Silo geskraap en die beplanning is om eersdaags in die Amalia en Schweizer-Reneke gebiede te begin.

Volgens Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, is dit vir Senwes belangrik om pro-aktief en impakvol betrokke te wees in die gemeenskappe binne sy bediennngsvoetspoor. “Swak paaie weerhou ontwikkeling en vooruitgang van die landelike gemeenskappe en dit beteken dat produsente se inkomste en lewensmiddele in die gedrang gebring word, terwyl voedselsekerheid ook bedreig word”. In die lig hiervan het Senwes toestemming verkry vanaf die onderskeie provinsiale regerings om voort te gaan met die instandhouding van grondpaaie.

“Vennootskappe verteenwoordig die hartklop van die projek en ons maak staat op boereverenigings en studiegroepe binne Senwes se diensvoetspoor om ons hande te versterk”, sê Strydom en verduidelik dat die bereidwilligheid van produsente, om byvoorbeeld by te dra tot die dieseluitgawe wat met die skraping van die toegangspaaie gepaard gaan, verder stukrag gee tot die gemeenskaplike dryf om landelike hernuwing en –herlewing te bewerkstellig.

“Samewerking is die sleutel tot landbousukses en, as ek na die impak van hierdie projek kyk, is ek opgewonde oor die manier waarop die toekoms van landbou herbedink word”, sê Strydom en nooi produsente-organisasies uit om met hul naaste Senwes Grainlink silobestuurder te skakel vir meer inligting oor die projek.

* Hierdie inisiatief maakdeel uit van Senwes se  AVC Relief Umbrella-noodlenigingsprojek.