Beskerm ons boere met oesversekering | Dekking beskikbaar van plaas tot depot




Verder is boere regoor die land direk geraak deur die droogte wat Suid-Afrika die afgelope tyd beleef het. Saam met hierdie uiterste klimaatstoestande (veroorsaak deur globale klimaatsverandering) wat die norm word, ontstaan die behoefte vir pasgemaakte versekering om die uitwerking van hael en ander klimaatsverwante risiko’s  (droogte, asook ryp en brand) op landboubesighede te verminder.

Hoekom oesversekering kies?
As deel van ’n landbourisikobestuursplan moet boere seker maak dat hul oeste beskerm word teen onvoorsiene gebeure. Oesversekering doen presies dit – dit dek oeste teen verlies of skade as gevolg van hael, brand en weerlig. Bykomende dekkingsopsies is ook beskikbaar,  na gelang van die tipe gewas en die gebied. Dekking vir ingesamelde oeste in transito  weens voertuigongelukke, is ook ingesluit vir die huidige seisoen se oes, vir ‘n bepaalde tydperk en afstand vanaf die plaas onderweg na ‘n leweringspunt, wat beteken dat boere van plaas tot depot verseker word. Oesversekering  bied dus gemoedsrus dat die nodige dekking in plek is.

Dek oesversekering alle gewasse?
Soos met enige versekeringsproduk, het oesversekering enkele uitsluitings. Dit beteken dat sommige gewasse en streke van  dekking uitgesluit word aangesien dit nie 'n lewensvatbare opsie vir beide die kliënt (hoë koste) en die versekeraar (hoë risiko) is nie. Gewasse wat gedek word wissel van streek tot streek en sluit gewoonlik al die belangrikste graangewasse en vrugte van die streek in.

Verkort die eisproses
Tegnologie het die eisproses vir oesversekering vernuwe. Assessors besoek plase en kan nou die eisdata digitaal op hul tablette vaslê en dan hierdie inligting elektronies indien by die eise-afdeling. Dit verkort die eisproses en verminder foute in die hanterig van eise, wat die proses vergemaklik van eise-indiening tot -uitbetaling.

Werk saam om die landbousektor te laat groei
As 'n toonaangewende verskaffer van omvattende oesversekering in die Suid-Afrikaanse mark, ondersteun Old Mutual Insure die boerderygemeenskap om die risiko's verbonde aan boerdery te verminder. Dit help ook om nie net broodnodige, gesonde kos vir alle Suid-Afrikaners te verskaf nie, maar ook om voedsel plaaslik te produseer as 'n belangrike komponent vir die groei van ons ekonomie. Old Mutual Insure bied pasgemaakte dekking vir Suid-Afrika se boere, gegrond op hul besigheids- en finansiële behoeftes. Dit is om 'n groei-gefokusde vennootskap tussen boere, makelaars en versekeraars moontlik te maak en om die moontlike negatiewe finansiële impak van die uitdagings in die landbousektor te minimaliseer.