Biosekuriteit by lewende hawe tentoonstellings

  • 07 February 2020
  • 2772
  • persverklaring



Die onderskeie aanbieders van ses van die grootste lewendehawegeleenthede in Suid Afrika het gesamentlik hul verbintenis verklaar tot ‘n wetenskaplik-gefundeerde biosekuriteits protocol met die aanbied van die onderskeie geleenthede in 2020 asook in die toekoms. Die verklaring is gemaak by ‘n vergadering by die Plaas Media se kantore in Centurion Gauteng wat deur almal bygewoon is saam met Dr Faffa Malan en Danie Odendaal.

Die huidige Bek-en-klou uitbraak is bespreek asook oplossings om die onderskeie geleenthede aan te bied in die konteks van die huidige biosekuriteitsuitbrake. Die fokus is om ‘n beste-praktyk regime te vestig by elkeen van die verskillende geleenthede, om die bedryf holisties te dien en in die beste belang van vertoners op te tree.

Die bek-en-klouseer uitbraak van 2019 en tweede uitbraak in 2020 het opnuut die belangrikheid van biosekuriteit vir alle rolspelers in die lewendehaweindustrie beklemtoon. Al ses geleentheide onderneem ook om saam te werk met die onderskeie owerhede om biosekuriteits-maatreels te ondersteun maar poog ook om selfs verder te gaan en ‘n biosekuriteitsprotokol spesifiek vir lewendehawe-tentoonstellings te inisieer en te implimenteer. Daar sal ook ondersteuning gegee word aan kleiner streeksskoue om hulle te help om ‘n biosekuriteits protokol te implementer.

Die ses geleenthede vind op die volgende datums plaas: 24 April- 2 Mei Bloemskou, 12-15 Mei Nampo. 22-31 Mei Royalskou, 9-11 Sept Nampo Kaap, 24-26 Sept Nampo/ALFA en 8-10 Okt Livestock ekspo.

Dr Danie Odendaal wat die Veearts-netwerk stelsel bedryf gaan deur al ses rolspelers gekontrakteer word om ‘n protokol op te stel wat nie net die ses geleenthede in staat sal stel om gekoordineerd in terme van biosekuriteit op te tree nie, maar ook ‘n voorbeeld stel aan vertoners en telers in terme van beste praktyk in terme van biosekuriteitspraktyke.