Landboumarkoorsig vir Oktober

  • 20 November 2020
  • 1928
  • nuus



Mieliemark

Die prys van geelmielies het gedurende Oktober die opwaartse tendens voortgesit. Die prys het op R3 659 per ton gaan draai voor die mark vir die maand op R3 511 per ton gesluit het.

Rooivleismark

Gedurende Oktober het die prys van A2-lamkarkasse gedaal, terwyl B2- en C2-skaapkarkasse effens verstewig het. In die geval van beeskarkasse het A- en B-grade se pryse gedurende Oktober gestyg.

Die laaste beskikbare pryse vir beeskarkasse in Oktober was R50,07 per kg vir A2, R44,50 per kg vir B2 en R42,02 per kg vir C2. A2-, B2- en C2-lam- en skaapkarkasse se laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R83,38 per kg, R69,45per kg en R67,96 per kg.

Die pryse van speenlammers en -kalwers het gedurende Oktober gedaal. Die laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R36,83 per kg vir kalwers en R41,24 per kg vir lammers. Die pryse van Dorper- en Merinovelle het wisselvallig sywaarts beweeg, terwyl die prys van huide ietwat verstewig het.

Wol- en bokhaarmark

Die aanduiderprys vir wol het tydens die laaste veiling in Oktober met 2,2% verswak teenoor die vorige veiling, en 16,6% laer as ‘n jaar gelede verhandel. Die aanduiderprys vir bokhaar het met 5,4% gestyg tydens die laaste veiling in Oktober, en 15,1% hoër as ‘n jaar gelede verhandel.

Suiwelmark

Die verbruikersprys van melk, eiers en kaas het effens gestyg in Oktober, terwyl die produsentepryse van melkprodukte en die van melk en eiers gedaal het.