Minder neerslae vir Meimaand voorspel




Volgens Van der Berg kan ligte neerslae rondom 14 tot 16 Mei oor veral die suidoostelike dele van Noordwes, die hele Vrystaat, die suidelike dele van Mpumalanga en die sentrale tot suidelike dele van KwaZulu-Natal voorkom.

Weermodelle dui tans aan dat reën weer einde Mei oor die sentrale en oostelike dele van die somerreënstreek kan voorkom. Min reën word gedurende Junie verwag.

Toestande vir reën oor die winterreëngebied het oor die kort termyn verbeter. Reën is moontlik oor die sentrale dele van die winterreëngebied se Wynlandstreek, asook die Overberg en Suid-Kaap rondom 7 en 8 Mei wanneer ʼn koue front ligte reën en skerp temperatuurdalings gaan veroorsaak. Vanaf 10 Mei af is meer reën moontlik oor veral die Swartland en aangrensende gebiede.