Provinsiale grense nou oop vir jagters van Gauteng




Dié aankondiging is vroeër die week deur Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye gemaak, en volg nadat streng reisbeperkings as deel van die vlak 4-inperkingsmaatreëls vir die provinsie aangekondig is.

Vanjaar is die tweede opeenvolgende jaar waarin die wildbedryf as gevolg van die Covid-19-pandemie aan bande gelê word. Die onus word gevolglik grootliks op plaaslike benuttingsjagters geplaas om die bedryf te stimuleer.

Die nuwe regulasies, soos deur minister Creecy aangekondig, maak ook voorsienning vir die opening van wildparke, botaniese tuine, dieretuine en akwariums. Besoeke aan hierdie instellings is onderhewig aan streng nakoming van die Covid-19-regulasies.

* Volgens die SA Jagters-en Wildbewaringsvereniging woon 60% van die vereniging se meer as 44 000 lede in Gauteng.