Senwes Equipment – diensvennoot waarop jy kan reken

  • 09 October 2020
  • 1938
  • nuus



Of dit nou vir die nuutste toerusting vir presisieboerdery is, of die aankoop en herstel van nuwe en gebruikte heelwerktuie: die span by Senwes Equipment staan reg om jou met raad én daad by te staan.

Met takke en werkswinkels regoor Suid-Afrika, verseker Senwes Equipment ʼn wye diensvoetspoor wat betref heelwerktuie, onderdele, herstelwerk, instandhouding en ʼn fokus op presisieboerdery. Die span bestaan uit ervare en kundige heelwerktuigbemarkers, verkoopskonsultante en opgeleide tegnici.

Die omvang van hierdie diensvoetspoor word verder vergroot deur die feit dat Senwes Equipment die eksklusiewe John Deere handelaar in sentraal Suid-Afrika is, terwyl JDI – ʼn gesamentlike onderneming, verseker dat die Wes- en Oos Kaap ook bedien word. In die bestek van die afgelope twee jaar het Senwes Equipment ook sy produkaanbod verder uitgebrei deur Staalmeester en Falcon tot sy arsenaal te voeg. Hierdie besighede is toegespits op die hooi-, kuilvoer- en grasbaanmarkte. 

Dit is dan nou ook die regte tyd vir strategiese aankope op nuwe heelwerktuie synde dat prysverhogings vanaf die fabriek, moontlik einde Oktober intree. Bestellings kan geplaas word by jou naaste heelwerktuigbemarker.

Senwes Equipment, as ʼn diensvennoot, weet ook hoe belangrik dit vir produsente is om goed voor te berei vir die komende planttyd en vir diegene wat nog nie kans gehad het vir voorseisoeninspeksie nie, daar is nog tyd. Senwes Equipment se inspeksieprogramme, wat tot en met die einde van Oktober beskikbaar is, gee jou nie net gemoedsrus nie, maar help ook om meganisasie staantyd tot ʼn absolute minimum te beperk. Dit sluit in die inspeksie van spuite, trekkers, planters en grassnyers. Meer nog: inspeksies kan op die plaas gedoen word, en produsente kwalifiseer vir spesiale kortings as hulle van die herstelwerk deur Senwes Equipment se werkswinkels doen.

Vir meer inligting, skakel jou heelwerktuigbemarker, werkswinkebestuurder of besoek www.senwes.co.za