Slim sakeplan die sleutel tot finansieringsukses

  • 25 September 2020
  • 2080
  • nuus



Dr. Flippie Cloete, Hoof van Kommersiële Agri Finansiering by Senwes, meen ʼn goeie besigheidsplan sal help om produsente te bemagtig om hierdie uitdaging te bestuur. Volgens Flippie is ʼn sakeplan van kardinale belang, nie net vir nuwe kliënte nie, maar ook vir bestaande kliente wat ʼn nuwe vertakking tot hul besigheid wil toevoeg. Hy verduidelik voorts dat ʼn goeie sakeplan met die finansierder moet “praat” en daarom aspekte soos die beskikbaarheid, kwaliteit en aanwending van produksiehulpbronne, ʼn markanalise en ʼn bemarkingstrategie moet vervat. Die omvang van die finansieringsbehoefte, asook die potensiële winsgewendheid van die besigheid en of boerderyvertakking moet ook duidelik uiteengesit word.

Die finansierder sal dan, gebaseer op die inligting, ʼn bepaalde mening vorm rakende die volhoubaarheid en gepaardgaande risiko’s. Laasgenoemde speel ʼn deurslaggewende rol omdat dit primêr is tot die besluit of ʼn finansierder betrokke gaan raak al dan nie.

Volgens Flippie is dit belangrik dat produsente by gevestigde, bekende en betroubare finansierders aanklop vir hulp. In die lig hiervan moet produsente seker maak dat die instansie waarmee gehandel word, geregistreer is as ʼn finansiële diensteverskaffer by die Nasionale Kredietreguleerder. Hy waarsku dat instansies wat ʼn bepaalde fooi hef alvorens daar met ʼn kredietaansoek begin word, die gevaarligte laat flikker en liefs vermy moet word.

Vir meer inligting rakende agri finansiering of die dienste wat deur Senwes Credit gelewer word, besoek gerus www.senwes.co.za of skakel 018 464 7800 en vra om met ʼn verteenwoordiger van Senwes Credit te gesels.