Sprinkaanplaag bedreig padverkeer in Karoo

  • 07 January 2022
  • 1296
  • nuus



Hoewel duisende hektaar in die Karoo met sprinkane bedek is, meen Verdoorn dat dit nog nie ʼn groot gevaar vir boere in die streek inhou nie. “Die Karoo is heeltemal grasgroen. Die sprinkane vreet wel, maar danksy die baie plantegroei vanweë die reën die afgelope paar maande gaan hulle nie die Karoo vernietig nie.”

Verdoorn waarsku egter dat die gevaar bestaan dat die sprinkane na die gewasgebiede in die Vrystaat en Noordwes kan beweeg. In die lig hiervan moet die georganiseerde landbou sy vinger op dié pols hou.

Wees veilig op die pad

Omdat die swerms nie baie dig is nie, is hulle nie juis ʼn gevaar op die hoofpaaie nie, maar wel op kleiner paaie. Motoriste moet veral versigtig wees wanneer hulle deur swerms ry omdat dit hul sig kan belemmer.

In hierdie verband moet motoriste stadig deur die swerms beweeg en hul ruite so gou as moontlik met seepwater afwas.

Meld swerms aan

Verdoorn sê boere moet sprinkaanplae by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aanmeld, wat spuitspanne reg oor die Karoo het. Die publiek kan swerms by Verdoorn by 084 446 8946 aanmeld.