Toename in bloubessie-uitvoere verwag




Dit is die mening van Elzette Schutte, bestuurder van Berries South Africa wat onder meer bloubessie-, framboos- en swartbessieboere onder sy vaandel verteenwoordig. Dié bedryfsorganisasie verwag dat daar vanjaar 25 000 ton bloubessies uitgevoer sal word, terwyl die totale produksie onvergeer 36 000 ton sal wees. Hierdie verhoging verteenwoordig ʼn groeikurwe van 63%.

Gedurende 2020 het die uitvoere van bloubessies met 3 500 ton tot 15 800 ton toegeneem.

Volgens ʼn markverslag wat onlangs deur Berries South Africa bekendgestel is, sal ongeveer 70% van die Suid-Afrikaanse bloubessieoes uitgevoer word na lande soos Singapoer, Maleisië, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate. Elzette voeg by dat die plaaslike bedryf nou daarop fokus om die markte in Sjina en Suid-Korea te ontsluit wat markgroei noemenswaardig sal laat toeneem.

Die verslag toon voorts dat 13% van die nasionale bloubessieoes aan plaaslike varsproduktemarkte gelewer word, terwyl ʼn verdere 17% verwerk word in sapkonsentrate, suiwelprodukte, suiker-en lekkergoed, of word individueel kitsgevries.

Kitsfeite

  • Die eerste bloubessies sal teen die einde van Mei geoes word, terwyl die seisoen in Limpopo en Mpumalanga eers teen Junie en Julie ʼn hoogtepunt sal bereik. In die Wes-Kaap sal die seisoen in September en Oktober piek.
  • Ongeveer 60% van Suid-Afrika se bloubessies word in die Wes-Kaap verbou en die res in Gauteng, Mpumalanga en Limpopo.
  • Om lewensvatbaar te wees, moet ʼn produsent meer as vyf hektaar aanplant.
  • Die produksie van bloubessies is baie arbeidsintensief.
  • Daar is talle soorte bessies wat kommersieel verbou word, waarvan bloubessies, swartbessies, rooi frambose en appelliefies is.
  • Nuwe variante wat die mark betree sluit in aroniabessies, swart framboos, elderbessies, gojibessies, bosbessies en aalbessies. Hierdie bessies word meestal verpulp, versap, gedroog, gevries en in ander produkte soos alkohol, wyn of gebakte produkte gebruik.