Verhoogde brandstofprys is slegte nuus vir landbousektor

  • 06 August 2021
  • 1514
  • nuus



Afhangende van die oktaan petrol wat jy geruik, kos ʼn liter petrol nou tussen R18,11 en R18,30 per liter, terwyl diesel jou tussen R15,64 en R15,66 per liter uit die sak jaag. Die tydsberekening van dié verhoging is nie ideaal nie, aangesien produsente tans druk besig is om massiewe graan-en oliesaadoeste van ongeveer 17,07 miljoen ton te in, en voorbereidings vir die somerplantseisoen te tref.

Agri-ekonoom deel sy siening

Volgens Paul Makube, senior ekonoom van FNB Agribesigheid hang die sukses van die landbouwaardeketting daarvan af dat brandstof op die regte tyd teen die regte prys beskikbaar is. Hy verduidelik dat die styging in die ruolieprys ʼn direkte impak op die koste van ingevoerde insette soos kunsmis, insek-en onkruiddoders sal hê. Die onlangse tekorte aan grondstowwe vir die vervaardiging van sekere kunsmis en hoër verskepingskoste dra verder by tot hierdie koste-implikasies.

“Oeste word tans vervoer na verskeie opbergingspersele reg oor die land en uitvoermarkte. Dus sal verdere prysverhogings ʼn ongunstige impak op produsente se marges hê,” meen Makube en voeg by dat veral graanprodusente en logistieke maatskappye die impak van die prysverhogings sal voel omdat 80% van graan padlangs vervoer word.

Makube sê verder dat die vee-en tuinboubedryf oor deur die prysverhoging geraak sal word en dat toenemende kostedruk produsente se marges negatief sal beïnvloed en moontlik ʼn inflasiehoofpyn vir verbruikers tot gevolg sal hê.