Wen Milanie Vosloo se nuwe boek - Simfonie van seёn

  • 13 March 2020
  • 6970
  • nuus



Want God se wens vir elke vrou is dat sy gelukkig en vervuld sal wees.

Die 52 weke van die jaar is volgens temas gerangskik wat sy met sorg uitgekies het. Met 5 dae se oordenkings, ’n gebed vir dag 6 en geleentheid vir nadenke op dag 7, sal hierdie pragtige dagboek jou moed en krag gee in die tye wanneer die lewe oorweldigend voel, tye van seerkry wanneer jy vertroosting nodig het, maar ook vreugde en blydskap in die tye wanneer dit met jou goed gaan en jy voel die lewe is ’n lied.

Die boek spog met 372 pragtig-ontwerpte tweekleurbladsye en is ’n ideale geskenk vir elke vrou in jou lewe of selfs net ’n lekker bederfgeskenk aan jouself.



Wen met Senwes en Cum Uitgewers
Een gelukkige leser van die Senwes Scenario kan ’n kopie van Simfonie van Seën wen. SMS slegs Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Mei 2020.

Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za.