Wenner van die 2019 Agri NW Jongboer-toekenning!




Hy plant graan en groente soos koring, sojabone, beet, wortels en spinasie. Die belangrikste faktore agter Dawie se sukses is sy ambisie om deurlopend uit te brei en om sy produksievlakke te verhoog. Hy speel ook ’n groot rol in sy gemeenskap en dien op verskeie landboukomitees wat ten doel het om opkomende boere en plaaswerkers op te hef.
Die 2019 jongboer van die jaar konferensie is op Vrydag, 12 April 2019 by die Uurpan Safari Lodge in SchweizerWenner van die 2019 Agri NW Jongboer-toekenning! Reneke gehou. Verskeie sprekers, waaronder entrepreneur Marnus Broodryk, het deelgeneem aan die geleentheid. Hy het aspekte aangeraak wat ’n impak op alle jong Suid-Afrikaanse produsente sal hê. 
Onderwerpe soos verandering, innovasie en entrepreneurskap is bespreek. Die inisiatief is geneem om die toenemende aantal jong produsente in die bedryf op te hef.
Voedselsekuriteit is een van die belangrikste faktore in Suid-Afrika wat die bedryf moet ondersteun. Suid-Afrika word die afgelope ses jaar al geteister deur ernstige droogtetoestande en wisselvallige reënval, wat die landbousektor ietwat onaantreklik gemaak het vir jong entrepreneurs. Dit kan egter ’n geleentheid vir baie jong produsente daarbuite wees om die regte vaardigheid en benadering toe te pas op hul onderskeie plase.