Alles wat jy op ‘n kaart kan plaas – Dit is Senwes Geografiese Inligtingstelsel (GIS)




Inligtingsdienste wat GIS verskaf

  • Doelspesifieke plaas- en gebiedskaarte met GPS-koördinate.
  • Hoëresolusie lugfoto’s – 50cm resolusie en selfs beter.
  • Tematiese kaarte, data-insamelingskaarte, analitiese kaarte, beplanningskaarte, netwerkkaarte, voorleggingskaarte, publikasiekaarte, atlasse asook lugfotokaarte (gebied spesifiek op aanvraag).
  • Chemiese analisekaarte, liggings- en oppervlakkaarte.
In vandag se baie mededingende landbouwêreld het jy die voorsprong en voordeel nodig wat kartering vir jou kan bied. Kaarte bied aan jou die skematiese voorstelling van enigiets in die bedryf soos ‘n kaart van Nampo Oesdag, Senwes se silobedryf, aflaaipunte in jou streek, besigheidsvennote of meulens in jou streek of die hele land of wêreld. Daar is nie perke nie - waar jy jouself ookal in die waardeketting bevind, kan Senwes se GIS-afdeling jou van hulp wees.
Kaarte word in groottes van A4 tot A0 verskaf en laminering word ook op aanvraag gedoen.

Om van hierdie dienste gebruik te maak, kontak asseblief Senwes se GIS-spesialiste, waar inligting streng vertroulik hanteer word. Indien jy nie al die inligting het nie, kan die GIS-personeel jou ook hiermee bystaan.

Anelda Swanepoel 
Tel:  018 464 7390
anelda.swanepoel@senwes.co.za
Ronel Koen 
Tel:  018 464 7382
ronel.koen@senwes.co.za