Ooste nóú ook die tuiste van Senwes




Met ‘n totaal van 300 produsente en gaste, 100 by elk, wat die openings bygewoon het, was die boodskap duidelik dat Senwes met mening hier is om ‘n werklike verskil te maak - ‘n landboumaatskappy wat al 109 jaar in die bedryf is sedert hulle in 1909 hulle deure geopen het.

Die bestuurspan van Senwes hoofkantoor in Klerksdorp was ook teenwoordig om hulle betrokkenheid te bewys. Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, het in sy toespraak beaam dat Senwes juis as gevolg van uitbreidings soos hierdie in die Oos-Kaap gegroei het en dat dit altyd ‘n voorreg is om met klante besigheid te doen. Met dié nuwe takke, wat al vanaf 2016 en 2017 in bedryf is, het Strydom beaam: “Ons glo dat werklike uitbreiding nie bewys en gedemonstreer word deur openingseremonies nie, maar deur werklike beleggings in bates, voorraad en personeel met kennis. Dit is geen kuns om ‘n produk of diens aan ‘n klante te verskaf nie. Maar dit is wel ‘n kuns om oplossings aan klante te verskaf.”

“Praat is maklik. ‘n Klant glo jou eers as hulle sien dat jy groot beleggings op ‘n volhoubare manier in hulle gemeenskap doen. As jy deel raak van die gemeenskap, in vaste bates, in voorraad en veral personeel. Want dit is al wat jou in staat stel om besigheid te doen,” het Strydom laastens genoem.

Uitvoerende Bestuurder van Senwes Equipment, Ferdie Pieterse, vertel dat hierdie drie takke deel vorm van ‘n totaal van 18 werkswinkels landswyd met 165 personeel, 61 tegnikuste, 28 vakleerlinge en 52 diensvoertuie, asook 27 takke waar onderdele beskikbaar is.

“Ons het die geleentheid hier gekry en ons is kontrak ook verleng om selfs Oos-Londen te bedien. Dit is ‘n groot area met baie klante en ons wil u met die grootste respek bedien.” Pieterse het uitgebrei dat hulle diens verkope, onderdele en herstel insluit met ook ‘n tweedehandse eenheid op Kroonstad. Dan is daar ook finansiering deur John Deere Financial wat onverbeterlik is as dit by rentekoerse kom.

Produsente het ook hulle gewig agter Senwes Equipment gegooi. Charles van der Spuy het by Aliwal-Noord gesê: “My ondervinding en persepsie was dat Senwes net nog ‘n landboumaatskappy in die Vrystaat is. Sedert die Senwes Equipment Expo verlede jaar het ek besef hulle fokus werklik op die klant. Nadat ek ‘n trekker by hulle gekoop het, het my boerdery drasties verander. Ek het tegnologie ook by my boerdery ervaar. Dit is ook die klein dinge wat ‘n groot verskil maak. Wat ek ervaar het is dat hulle ‘n span is wat regtig anders is.”

By Ugie het Karel Bezuidenhout, ‘n groot John Deere aanhanger, gesê: “Hierdie manne is nie bang vir afstand nie. Dankie dat julle as Senwes Equipment bereid is om die area aan te neem. Ons sien uit daarna om die pad en die toekoms saam met julle te loop. Ek is ‘n John Deere-man. John Deere is nie net ‘n trekker nie. Dit is ‘n leefwyse.”

By Ugie het nog ‘n produsent, Samson Tauzeni, aangevoer dat “dit ‘n absolute plesier is om met Senwes besigheid te doen. Vir ons was dit nog net goed, parte binne 24-uur en goeie verhoudings is Senwes Equipment - ‘n vars briesie in ons omgewing. Julle is ‘n gerespekteerde handelsmerk, het taai trekkers met uitstekende diens. Boerdery is soos skeer, as jy dit vandag doen moet jy dit more weer doen.” En met sy dankbetuiging by naam aan elke personeellid, getuig dit van ‘n reeds bestaande hegte verhouding tussen Senwes Equipment en die klant.

Die takbestuurders Nelis van Heerden in Aliwal-Noord en Ugie en Riaan Grobler in Oos-Londen het verduidelik watter verskil Senwes hier maak. “Van ‘n marksegment van slegs 6% tot 47% by Aliwal en Ugie na slegs 20 maande met Oos-Londen wat van 3% tot 24% in slegs 9 maande verbeter het.” Dit spreek boekdele.

Welkom in die Oos-Kaap Senwes Equipment!