Ottosdal Draf & Trap hierdie naweek




Hier kan jy aan talle bergfiets- en padfietsrenne asook padwedlope deelneem. Die groot vraag is: Is jy al ingeskryf? Moenie bekommerd wees nie want daginskrywings sal oop wees op Saterdag, 26 Januarie 2019. Vermaak sal deur Jezelle verskaf word met David Louw die MC en Johnny Snowball die DJ vir die dag waar jy ook die kans staan om een van ‘n aantal diamante te wen. 

Vir meer inligting of vir die volledige program besoek gerus hulle webtuiste www.ottosdaldrafentrap.co.za of hul Facebookblad by Ottosdal Draf & Trap. Alternatiewelik kan ‘n e-pos gestuur word aan Willa Naudé by willa@ottosdaldrafentrap.co.za of skakel haar direk by 083 687 8082.

 

Sien julle daar!