Senwes groep doen navorsing




Hierdie navorsing word deur ‘n onafhanklike navorsingspan van The Survey Workshop hanteer, wat gekontrakteer is om ‘n volledige en vertroulike bepaling onder klante te doen.
 
As ‘n gewaardeerde klant is jou terugvoering natuurlik van kardinale belang in die verbetering van die groep se dienste en verhoudinge.
 
Die navorsing sal plaasvind by wyse van telefonies onderhoude wat volgens ‘n verteenwoordigende steekproef geselekteer sal word. Die onderhoude sal slegs ‘n paar minute van u tyd in beslag neem en u deelname aan hierdie proses sal hoog op prys gestel word. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word en sal vir geen ander doel as hierdie navorsing gebruik word nie.  
 
Die Senwes groep streef deurlopend daarna om diensvlakke en klante-interaksie te verbeter en daarvoor benodig ons elke klant se terugvoering.
 
Vir meer inligting of enige navrae, kontak asseblief vir Johan Grobler (Hoof: Groep Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie) by 018 464 7199 of stuur ʼn e-pos aan johan.grobler@senwes.co.za.