Sit die oes vinniger in jou sak met die raad van Ferdie Pieterse




“Ons aanbeveling is dat produsente definitief hierdie tyd moet gebruik om voor te berei vir die stroopseisoen deur Senwes Equipment se kundiges te kry om die toerusting na te gaan. Hierdie proses is nie net om die masjiene ooglopend deur te gaan nie maar behels dieper analises, toetse, metings en lesings in die werkswinkel wat staantyd in strooptyd kan voorkom en skade en gevolg-skade weens slytasie kan beperk,” sê Ferdie.