Agri-Hertzogville Wen R10 000 van John Deere Finance




Indien Senwes Equipment Uitvoerende Bestuurder, Ferdie Pieterse, bekommerd was oor die aantal persone wat die ekspo sou bywoon, was dit nie nodig nie.  Meer as 1 200 produsente, belanghebbendes en hul vrouens het die geleentheid bygewoon, wat oor twee dae gestrek het. 'n Indrukwekkende versameling John Deere en JCB produkte is vertoon en daar was ook verskeie voorstellings deur maatskappye soos John Deere, JCB, Rovic Leers en andere. 
 
Hier ontvang Marius Groenewald, Voorsitter van Agri-Hertzogville, en sy vrou Tania hul prys van Ferdie Pieterse en John Deere se Gebiedsbestuurder, Philip du Plessis. Marius sê die prys is baie welkom en sal teruggeploeg word in die boere-unie. Tania het Senwes Equipment se eerste Ekspo geloof en gesê dat dit “baie interessant was vir die dames, veral die motiveringspraatjie deur aktrise Leandie du Randt, en die optrede deur sangeres Irene-Louise van Wyk". Ferdie het bygevoeg dat die sukses van die ekspo beteken dat dit moontlik 'n jaarlikse gebeurtenis kan word.