Senwes 110 - Die koms van die vryemark en die ontbinding van beheerliggame




VANAF 1930’s

  • Die landbousektor het alreeds vanaf die vroeë 1930's in ’n enkelkanaalmarkstelsel gefunksioneer, waar besluitneming rakende pryse deur die staat en die betrokke beheerliggame gedoen is. 
  • In 1937 het die Bemarkingswet in werking getree, wat toenemende owerheidsinmenging en beheer oor die land se ekonomie behels het. 
  • Daar was egter toenemende tekortkominge wat bygedra het tot kontroversiële gevoelens rakende ’n enkelkanaalmarkstelsel. • Een van die grootste tekortkominge was prysbewegings tussen landbouen nie-landbouprodukte, wat ’n direkte impak gehad het op produsente se koopkrag.

VANAF 1994 
  • Trae ekonomiese omstandighede en uitdagings soos droogtes, demokratisering van Suid-Afrika in 1994, grondverdeling, grondkwessies en internasionale mededinging het gelei tot die noodsaaklikheid vir verandering in die landbousektor. 
  • Die gereguleerde stelsel waarin die landbousektor gefunksioneer het, is gesien as eksklusief, waar produsente slegs prysnemers was. 
  • Liberalisering van die landbousektor
  • deur die regering was die eerste stap om die leemte in die bedryf te oorkom. 
  • Vanaf 1995 het die gereguleerde mark waarin landbou funksioneer, verander na ’n vryemarkstelsel. 
  • Die verandering na ’n vryemarkstelsel waar pryse bepaal word deur vraag en aanbod, was gemotiveer deur die behoefte om alle landsburgers toegang tot die landbousektor te gee. 
  • Die koms van die vryemark het daartoe gelei dat beheerliggame een vir een beëindig is. 
  • Onder andere het die vryemarkstelsel die Mielieraad in 1995 en in 1997 die Koringraad vervang. 
  • Die South African Futures Exchange (SAFEX) het die rol van graanbeheerrade oorgeneem. 
  • Deelnemers aan die mark het daartoe gelei dat die regering nie meer die enigste prysbepaler was nie en sou vraag en aanbod (SAFEX) nou die prys van verhandelbare kommoditeite bepaal. 
  • In 1996 is die eerste graankontrakte op SAFEX gelys, gevolg deur koringkontrakte in 1997, sonneblomkontrakte in 1999 en sojaboonkontrakte in 2002. 
  • Die verandering na ’n vryemarkstelsel het nuwe kundigheid en aanpassings vereis. 
  • Vir Senwes was dit noodsaaklik om proaktief te dink en te funksioneer. 
  • Op 10 April 1997 het Senwes verander vanaf ’n landboukoöperasie na ’n maatskappy wat meeding in die vryemark, met diverse winsgedrewe belange
  • Hierdie verandering het gelei tot herstrukturering en uitbreiding asook ’n strenger kredietbeleid. 
  • Senwes se graanopbergingsbesigheid kon daarin slaag om, ten spyte van die omskakeling, winsgewendheid voort te sit.

1998 TOT NA 2000's 

  • Vir die tydperk 1998 tot 2009 sou verdere transformasie van Senwes vereis word om binne die vryemarkstelsel winsgewend te funksioneer, soos onder andere inklusiwiteit van verskillende rassegroepe, swart ekonomiese bemagtiging en die akkommodering van verskeie taalgroepe. 
  • Ongeag die transformasie en aanpassings wat deur die nuwe markstelsel vereis is, het Senwes in 2009 ’n uitsonderlike finansiële mylpaal bereik. Die landbousektor kon tot hede daarin slaag om suksesvol binne die raamwerk van ’n vryemarkstelsel, waar vraag en aanbod kommoditeitspryse bepaal, aan te pas en te funksioneer.