Die stand van sake rakende bek-en-klouseer




"Ek wil graag die veeboere in SA die versekering gee dat bek-en-klouseer in Limpopo as 'n saak van hoogste prioriteit hanteer word. Die spanpoging tussen boere, staatsveeartsenydienste, die rooivleisbedryf en rolspelers soos afslaers en voerkrale werk saam om SA se uitvoerstatus te normaliseer. Maatreëls om die siekte te beperk tot die kleinste moontlike gebied is besig om vrugte af te werp. Boere elders in SA het nie rede tot paniek nie," sê Willem van Jaarsveld, Voorsitter van die Limpopo Dieregesondheidsforum (LDGF).

Die Limpopo Dieregesondheidsforum (LDGF) bedank alle landboubesighede en ander belanghebbendes vir hul ondersteuning en samewerking in hierdie verband.

Kyk na die video waarin Gerhard Schutte, Hoof Uitvoerende Beampte van die Rooivleis Produsente Organisasie die impak bek-en-klouseer op die rooivleisbedryf bespreek.


Luister na die OFM Nuus Potgooi soos uitgesaai op 22 Januarie 2019.