Hoe maak ek my jaggeweer meer akkuraat?




Kom ons kyk na die skoonmaak van jou jaggeweer. As die skoot gevuur word is daar twee produkte wat agterbly in die loop.

Koolstof (carbon) wat ontstaan deur die dryfmiddel wat ontbrand en koper wat afgegee word deur die projektiel (punt) wat deur die loop versnel.

Die eerste stap is om die skoonmaakmiddels te kry wat die twee neweprodukte sal verwyder. Daar is baie skoonmaakmiddels op die mark en elke skut het uiteraard sy produkte waaraan hy glo.

My jare se skietondervinding het geleer dat dit beter is om die twee neweprodukte apart aan te spreek. Jy kry twee skoonmaak¬middels - een vir koolstof (carbon) en een vir koper.

Onthou altyd dat die skoonmaakmiddel ‘n chemiese reaksie met die koolstof en koper tot gevolg het. Sorg altyd dat jy genoeg tyd toelaat vir die reaksie om plaas te vind.

Die meeste skuts plaas die skoonmaakmiddel op ‘n lappie en druk dit deur die loop, gevolg met ‘n skoon lappie dadelik daarna. Die skoonmaakmiddel het dan geen tyd om die chemiese proses te laat plaasvind nie. 

Die meeste skoonmaakmiddels op die mark bevat sintetiese ammoniak, wat nie skadelik is vir die geweerloop nie.

Gee die skoonmaakmiddel so vyf tot tien minute kans om sy werk te doen. Glo my, julle gaan die verskil sien. Herhaal die proses tot jy tevrede is.

Die skoonmaak van ‘n jaggeweer is lekker as jy die resultate daarna sien. Probeer dit, jy gaan nie jou geweer ken nie. Akkuraatheid gaan verbeter.

Produkte vir al jou skoonmaakbehoeftes is by al die Hinterland wapentakke beskikbaar.

Jaco Kruger het sy nasionale kleure in Benchrest skiet verwerf en het sy land verskeie kere verteenwoordig. Hy is ook ‘n aktiewe SA Jagterslid.