In die volgende Senwes Scenario




Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom praat oor die Finansiële Resultate van die maatskappy wat op 30 Junie bekend gemaak is. Ons fokus in die areafokus-segment op die Senwes Equipment takke in die Oos-Kaap, naamlik Aliwal-Noord en Ugie.
 
In die kollig segment fokus ons op ‘n Senwes produsent in die Oos-Kaap, Karel Bezuidenhout wat in die Elliott omgewing boer en wat veral ‘n groot Senwes Equipment en John Deere aanhanger is.
 
Die Hennenman silo was onlangs ook die eerste silo in die Senwesstal asook in Suid-Afrika wat na sonkrag oorgeskakel het. Dan was die Senwes Spinners Plaasskool Kriekettoernooi vir die 11de jaar suksesvol aangebied met Humansvlakte en Manana Primêre Skole wat in die finaal kragte gemeet het. 
 
Lees hieroor en nog baie meer in die Augustus/September uitgawe van Senwes Scenario.