In die volgende Senwes Scenario




Danksy julle deelname aan ons navorsing sal die nuwe Senwes Scenario ‘n paar merkbare veranderinge hê, soos ‘n herontwerpte voorkoms en grootte. Ons het die fokus op die produsent uitgebrei en sal ook op nismarkte asook op landbou- en handelsnuus fokus in kort bundige artikels om jou meer te vertel wat in ons sektor gebeur.

Die gereelde jagartikel sal onder andere andere aangevul word met 4x4 en artikels oor die buitelewe met lekkerlees kosartikels, kompetisies en ‘n nuwe uitleg van bekende rubrieke wat die prentjie sal voltooi. Indien jy een van die lesers is wat kan weglê aan ‘n lekker lang artikel, moenie vrees nie want ons langer artikels sal in Senwes Scenario bekendgestel word en aanlyn beskikbaar wees.

Ons gereelde en suksesvolle dekking van areafokusse en produsente in die kollig gaan voort, maar met ‘n interessante nuwe uitleg. Ons volgende areafokus is juis gemik op Senwes se uitbreiding in die Oos-Kaap.

Vir hierdié en nog baie meer kyk uit vir die volgende uitgawe van Senwes Scenario.