Landboumaatskappye help om landbou te laat herleef by Blouskool




Volgens bemarkingsbestuurder by die skool, Riaan Burger, is daar al miljoene rande deur maatskappye en belanghebbendes bestee om die herlewing van landbou by Bloues te bevorder. Hier is ʼn lys van die borge, en Senwes is een van hulle:
 
  • Senwes neem grondmonsters en doen kartering en het selfs ʼn John Deere trekker en 'n planter beskikbaar gestel.
  • Kynoch neem grondmonsters, doen kartering en stel kunsmis beskikbaar.
  • Omnia, Profert, Sidi Parani en Vitas verskaf kunsmis.
  • Laeveld AgroChem, Nulandis en Villa Crop verskaf onkruiddoders.
  • MBFI en Crofft doen blaarvoeding en saadbehandeling.
  • Barn Lab sorg vir rantsoene vir die Santa Gertrudis stoetery.
  • Cipla Agrimed is die farmaseutiese borg vir die stoetery.
  • Die Departement van Onderwys help met finansiering. Riaan noem EP Nel, provinsiale leerfasiliteerder vir landbou in die Vrystaat en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landbouonderwysersvereniging (SALOV), wat ’n groot rol speel om skole te bemagtig om landbouleerlinge sinvol op te lei.
 
Sodoende kan leerlinge met ’n volwaardige boerdery by hierdie landbouskool weer praktiese ervaring sowel as kennis opdoen. Die skool bedryf ’n presisie-saaiboerdery, ʼn gevestigde pekanneutboord onder besproeiing en is ook besig om ’n stoetkudde op te bou. Die boerdery dien ook as standplaas vir proewe deur verskeie landboumaatskappye.