Nasie in Gesprek is orals




Tans word hierdie episodes op kykNET, BusinessDay TV en SowetoTV uitgesaai en volg die program die plaaslik vervaardigde produkte, vanaf die plaashek tot by ons elkeen se etenstafel. 
 
Indien jy nie hierdie uitsendings op televisie kan volg nie, besoek gerus Nasie in Gesprek se YouTube-kanaal, webblad of toepassing. Elke episode word na  sy televisie-uitsending op hierdie platforms gelaai.  
 
Bly ook ingelig oor wanneer en waar jy meer van Nasie in Gesprek kan sien of lees deur hulle te volg op Twitter en Instagram, en te ‘Like’ op Facebook.
 
Ons sê ook baie geluk aan Arnold Bender van Bethlehem wat die gelukkige wenner van die iPad-kompetisie is. Hy stap weg met ‘n splinternuwe Apple iPad Air 2 en data vir 24 maande. Hierdie prys ter waarde van ongeveer R12 000, is deur Nasie in Gesprek geborg sodat dit vir nog ‘n entoesias moontlik is om al die uitsendings tydens Nampo 2017 regstreeks op die Nasie in Gesprek toepassing te volg.
 

Nasie in Gesprek Platforms:


Facebook
 
Twitter
 
Instagram
 
Webblad
 
YouTube
 
Toepassing