Oordeelkundige beplanning is noodsaaklik




Gelukkig lyk dit of La Niña toestande in die huidige seisoen gaan heers, wat die vooruitsigte vir ‘n beter seisoen verbeter.  Die winterreën wat oor groot gebiede voorgekom het, het ook gehelp om die grondwatervlakke in die gronde te verbeter. 

  • Vir beplanning van die 2016/17 seisoen se opbrengsmikpunte behoort grondwaterevaluasie ‘n belangrike oorweging te wees. Indien u oor grondkaarte beskik (die lande is gekarteer), neem gerus ‘n grondboor en gaan kyk hoe die grondwatertoestande in die verskillende gronde/lande lyk.  Self al is die grond nie gekarteer nie kan grondwaterinspeksies nog steeds gedoen word.  Plant die natter lande eerste en gee die droër lande kans om nog water op te gaar.  Historiese klimaat- en opbrengsdata behoort ook in ag geneem te word.
  • Hou by beproefde praktyke en wees realisties in jou beplanning. 
  • Opgegaarde of gestoorde grondwater is ‘n noodsaaklike buffer om die oes in kritieke tye te help.  Bewerkingstelsels behoort ten doel te hê om verdamping vanaf die grondoppervlak asook transpirasieverlies deur onkruid tot die minimum te beperk.
  • Die kultivarpakket behoort deur kultivarevalueringsdata gerugsteun te word.
  • Baseer plantpopulasie en rywydtes op grondpotensiaal.
  • Die grondoppervlak behoort sodanig te wees dat vinnige en harde reënbuie benut en afloop tot die minimum beperk word.
  • Indien planttyd uitloop en die grond nog relatief droog is, moet die boerdery nie aan onnodige risiko blootgestel word nie.
 
 
Kontak Senwes Landboudienste vir:
  • Meganisasiebeplanning
  • Grondwaterbepalings
  • Grondpotensiaalbepalings
  • Grondkartering (fisies en chemies) met toepaslike aanbevelings
  • Verbouingsriglyne
 
Gerrit Oosthuizen  (Pr.Sci.Nat.)
Senior Akkerboukundige
(SACNASP Reg. No.: 400418/14)
 
Tel: 018-293 1968
Sel: 084 506 8791
Faks: 086 504 0483