Senwes Grainlink ontvang Binnenshuise Stalletjie van Uitnemendheid-toekenning by Nampo




Pieter Malan, Uitvoerende Bestuurder van Senwes Grainlink, het almal bedank wat betrokke was by die beplanning en bemanning van die stalletjie en sê dat dit sonder hul moeite en insette nie moontlik sou wees nie. “Dit is nogal 'n prestasie, wanneer 'n mens in ag neem dat daar meer as 740 stalletjies van regoor die wêreld was. Baie geluk aan die span, julle behoort trots te wees op julself!’’

Die Senwes Grainlink stalletjie was weer baie gewild en baie van die meer as 80 000 besoekers aan Nampo 2018 het gestop om die virtuele realiteitsbesoek aan een van Senwes se silo's te ervaar. Die Senwes Grainlink span wat die stalletjie beman het, het baie belangstelling en navrae gerapporteer. Die span was byderhand om vrae oor graanbemarking en silo-opberging te beantwoord.