Senwes produsent baie positief oor AgriRewards




Die 36-jarige, wat al vir ses jaar met Sara-Lea getroud is en een dogtertjie Lia het, boer al die afgelope dekade saam met sy pa Ben en die afgelope seisoen was die eerste seisoen op sy eie.
 
Hoe het jy die registrasieproses gevind?
Bitter maklik, net vyf minute en dit was oor en verby.
 
Hoe voel jy daaroor dat Senwes AgriRewards bekend gestel het?
Ek is verskriklik positief daaroor en Senwes het ʼn wonderlike inisiatief hiermee geloods.
 
Hoe het jy van AgriRewards gehoor?
Ek het ‘n e-pos gekry en daarna meer inligting by die graanbemarkingspan in Kroonstad gekry.
 
Waarna sien jy uit?
Na wanneer ek my bonus na 16 jaar kry en as AgriRewards na ander fasette uitgerol word, soos na die handelstakke.
 
Verstaan jy hoe AgriRewards werk?
Ja. Ek het eers die konsep misverstaan en gedink dat jy na 16 jaar ‘n lompsom kry. Maar dit is meer volhoubaar vir my om elke jaar van die 16de jaar ‘n groot bedrag geld te ontvang.

Wie het die konsep aan jou verduidelik?
Ek behoort aan ‘n graanfokusgroep waar Senwes se Ben Brink en Thys Grobbelaar so ‘n paar maande gelede reeds AgriRewards aan ons verduidelik het. En ek weet van ‘n paar ander Senwes produsente wat ook al aangesluit het.
 
Wat gaan jy met jou AgriRewards uitbetaling doen as jy dit 16 jaar van nou af gaan ontvang?
Ek gaan dit terugploeg. Ek staan by my oorspronklike besluit om dit dadelik te ruil vir Senwes aandele. Landboubesighede gaan in die volgende paar jaar met rasse skrede groei en die hele wêreld se fokus is nou op landbou. En die Senwes aandeelprys het die laaste dekade al tot R10.50 gegroei.
 
Wat sal jy aan ander produsente sê wat nog nie aansluit het nie?
Wel, dit is maklik en eenvoudig en jy kry geld terug. Dit is lekker as jou landboubesigheid iets teruggee aan jou as produsent.
 
Dit was vir my ook lekker dat Senwes ons as produsente se insette gevra het. Ek het genoem dat dit lekker sal wees as ‘n persentasie aandele ook vir ons gegee kan word en hulle het gedink dit was ‘n goeie idee wat hulle sal ondersoek.
 
Hoe voel jy oor Senwes oor die algemeen?
Ek kan Senwes as een van my lekker erfporsies beskryf wat ek by my pa geërf het, Ons doen al vanaf die laat sewentigerjare besigheid met Senwes.