Senwes Scenario se nuwe app en webwerf is hier





Nuus en inligting op hulle beste. Die Scenario Magazine app is een van die baanbrekers in die mark omdat lesers nou die opsie het om tussen ‘n volledige Engelse of volledige Afrikaanse weergawe te kies. Jy kan ook deur ons nuutste tydskrifte blaai, die argiewe bestudeer, inteken vir die gedrukte kopie en vir die Scenario nuusbrief. Scenario lesers kan op hoogte bly van al die belangrike datums op die agri kalender en selfs inskrywings via die app direk na hul foon se dagboek stoor.

Besoek die Google Play Store of Apple App Store en laai jou Scenario Magazine app af. Diegene wat QR-kodes verkies kan vir gerieflikheidsonthalwe die relevante kode skandeer en sodoende die app aflaai.


Indien jy eerder met jou rekenaar of skootrekenaar werk, besoek gerus die nuwe Senwes Scenario webwerf www.scenario.co.za