Senwes wéér deel van Nasie in Gesprek by Nampo




Die reeks, wat nou al vir die laaste vier jaar uitgesaai word, het in belangrikheid gegroei tot een van die grootste rolspelers in die bedryf en hoofstroom ekonomie. Vanjaar kan kykers uitsien na paneelbesprekings met onder meer die volgende temas: Finansies: Arbeid, Diversifikasie en Beplanning; Van Kommoditeite tot die Handelsmark; Die Rol van Raadgewers, Tegnologie en Grondgesondheid; Ystervroue in Landbou; Fokus op Jeug: ’n Toekoms in Landbou; Die Politieke Wil asook Suksesvolle Transformasie-inisiatiewe.

Hierdie onderwerpe sal gefasiliteer word deur ’n aantal geloofwaardige aanbieders en gaste soos: Carte Blanche se Derek Watts; 702 en Cape Talk se Eusebius McKaiser; die voormalige Nasie in Gesprek gasaanbieder en mediakenner Jeremy Maggs; die HUB van Galileo Capital, Theo Vorster asook die voormalige politikus en huidige voorsitter van die In Transformation Initiative, Roelf Meyer; Money Talk-aanbieder Bruce Whitfield; Nasie in Gesprek se mede-aanbieder Mpumelelo Mkhabela en Power FM persoonlikheid, Andile Khumalo.

Suzanne Paxton van RSG sal elke dag om 07:00 en weer om 13:00 regstreeks vanaf Nasie In Gesprek vanaf Nampo uitsaai.

Van die belanghebbendes wat in hierdie reeks verteenwoordig gaan word, sluit in verteenwoordigers van denkleiers in die bedryf soos Senwes, Monsanto, AFGRI, Engen en Nedbank. Vanjaar se produksie van Nasie in Gesprek by die Nampo Oesfees is moontlik gemaak deur die volgende borge: Senwes, AFGRI, Nedbank, Monsanto, Hinterland, Engen, Imperial Isuzu en Graan SA.

Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingesprek.co.za en laai die toepassing af om by die gesprek aan te sluit.