Somerwenke




Grasperke het nou weer bemesting nodig, so water ook gereeld om ’n smaraggroen grasperk te verseker. Water dus ook in die vroeë oggendure of na sonsondergang om waterverdamping tot die minimum te beperk.

Begin om jou tuin voor te berei vir die Desember/Januarie vakansie tuis of weg van die huis. Trek alle onkruid uit en gee algemene bemesting en deklaag en water dan deeglik. Hydrangeas, gardenias en fuchsias kom nou juis in hulle volle drag. Voed hulle met ’n suur blaarvoeding en sit boombas om hulle voete.

Wees versigtig en voorbereid op die lelieboorder wat swart en geel is en boor tot by die hart van clivias, agapanthus en arum lelies. Spuit vroegtydig met ’n geregistreerde insekdoder wat cypermetrin bevat. Dit is nou ook die tyd om vir vrugtevlieë te spuit voor hulle besig raak.

Sny terug alle blomme wat uitgeblom is en bemes met bemesting 6:1:5. Dit sal verseker dat die plante weer sal blom. Laventel moet ook nou teruggesny word vir ’n herfs ’flush’. Die witvlieg is besig in die warm droë weer, so kyk onder die blare en spuit veral onder die blare.

Vir die kombuistuin kan geel, groen en rooi soetrissies asook warm rissies geplant word. Kersietamaties asook ’n groot verskeidenheid van ander tamaties, spinasie, beet, wortels en eiervrug kan nou geplant word. Alle soorte kool is veral aanloklik vir die witvlieg. Dit is egter goedkoper om aan te koop. Waatlemoen, spanspek, ensovoorts kan ook nou aangeplant word om jou plante natuurlik teen peste te beskerm. Plant dus knoffel en Afrikanertjies tussen jou groente. Dit is ook tyd vir blaarslaai en wees so verseker van vars slaai op jou tafel.

Indien daar ’n sonnige deel in u tuin is, begin ’n kruietuin. Tiemie, origano, mint en basil is baie maklik om te groei en vertoon daarby ook baie mooi. Daar is niks soos vars kruie vir die sjef van die huis nie.

Plant ook ’n verskeindenheid van bessies. Hulle voorsien die huis die hele somer en is uiters gesond. Niks is beter as erdwurmkompos nie. Kom kuier ook vir my by Verdant Kwekery. Ek gebruik dit al vir jare en my tuin is oortrek van erdwurms. Moet asseblief nie nou in u tuin spit nie, omdat dit verdamping sal aanhelp.

Geniet die feestyd!