#Toekomsfokusdag22 | So sien program daarna uit




Die 2022-weergawe van die geleentheid vind op Dinsdag, 11 Oktober, plaas en beloof om deelnemers ʼn internasionale kykie te bied op boerdery in ʼn kompeterende wêreld. Produsente van onder meer Maryland in die VSA, Saskatchewan in Kanada, Saxony in Duitsland en Santa Fe in Argentinië sal in gesprek tree met plaaslike produsente en gesels oor uitdagings, opbrengste en tendense in die landboubedryf. Jaco Minnaar, president van Agri SA en ʼn nie-uitvoerende direkteur van die Senwesraad, sal dié gesprekke fasiliteer.

Meer oor die dag

Die tema van vanjaar se gespreksvoering is: “Die gras lyk groener, maar word die beeste vet?” Die ingangsfooi beloop R100 per persoon en sluit ʼn spitbraai in. Hierdie fooi is betaalbaar op die dag.

Vennote wat hul steun tot die dag toegevoeg het, sluit in: Graan SA, John Deere, Vrystaat Landbou, Agri NW en Nasie in Gesprek (NIG).

Alle fondse wat op die dag gegenereer word, sal aan die Jongboerverenigings van Agri NW en Vrystaat Landbou geskenk word.

Maak seker jy is ingelig en toekomsfiks

Francois Strydom, Senwes se Groep Hoof Uitvoerende Beampte, meen dat dit belangrik is dat alle produsente, en veral die jongboer van vandag, ingelig en op datum moet wees met wêreldgebeure, markneigings en besigheidsveranderlikes ten einde hul eie ondernemings op ʼn volhoubare basis te vestig en uit te brei. In die lig hiervan nooi hy alle belangstellendes om die dag mee te maak.

Registreer, neem deel en wen groot

Belangstellendes wat die dag wil bywoon word aangemoedig om aanlyn te registreer deur van die volgende skakel gebruik te maak: https://bit.ly/FutureFocusDay. Almal wat voor die geleentheid op hierdie manier registreer, sal in aanmerking kom vir ʼn gelukstrekking vir ʼn vakansie in Zanzibar, ter waarde van R30 000. Graan SA het ʼn splinternuwe iPad op die spel vir persone wat hul aanlyn handelsmerkmeningspeiling voltooi: https://www.surveymonkey.com/r/6CD6NY8.

Jy kan die kompetisiereëls hier besigtig: https://bit.ly/3CC87MP.

Vir meer inligting besoek Senwes se sosiale media platforms, of skakel die Senwes Bemarkingsafdeling by 018 464 7800.