Toekomstige ontwikkeling in Landboutegnologie




Dit wissel vanaf gesondheids- en fiksheidstoestelle wat algemeen in gebruik is, tot futuristiese 'slim stede' (munisipaliteite wat inligting en kommunikasietegnologie gebruik om inligting met die publiek te deel en die kwaliteit van regeringsdienste en die welstand van inwoners te verbeter), waar vullisverwydering geoutomatiseer is en rioolblokkasies deur sensors geïdentifiseer word en met sagteware opgelos word.
Slimlandbou IoT, sowel as industriële IoT in die algemeen, is nie so gewild soos verbruikergekoppelde toestelle nie, maar die mark is steeds uiters dinamies. Die doelwit is om feitlik elke faset van produksie en bestuur te verbeter ten einde uiteindelik hoër inkomste te genereer. Selfbestuurde trekkers en robotimplemente is nie meer wetenskapfiksie nie, maar word alledaags gebruik.

Die gebruik van IoT oplossings vir landbou groei deurlopend. Besigheidsintelligensie voorspel dat die aantal IoT toestelle wat in landbou geïnstalleer word, 75 miljoen sal bereik teen 2020, en met sowat 20% per jaar sal groei. Die wêreld slimlandboumark sal na verwagting ook verdriedubbel teen 2025.

Slimlandbou word meestal gebruik om die toepassing van IoT oplossings in landbou aan te dui. Dieselfde is van toepassing op die definisie van slimlandbou. Hoe lyk die toepassing werklik?

Klimaatsmonitering

Weerstasies is waarskynlik die mees gewilde slimlandboutoestel en kombineer verskeie sensors. Tegnologie maak dit maklik en bekostigbaar om stasies regoor lande, plase of kweekhuise te plaas om data te versamel wat gebruik kan word om klimaatstoestande te karteer, toepaslike gewasse te kies en om die nodige aksies te neem om kapasiteit te verbeter (bv. presisieboerdery).

Gewasbestuur

 Presisieboerdery behels gewasbestuurstoestelle wat in die land geplaas behoort te word om data te versamel met betrekking tot gewasproduksie, soos temperatuur, neerslag, blaarwaterpotensiaal, voedingstatus, grondvoginhoud en algemene gewasgesondheid. Jy kan dus die ontwikkeling van jou oes en enige afwyking monitor ten einde enige siektes of besmettings wat jou opbrengs negatief kan beïnvloed, effektief te voorkom.

Monitering en bestuur van diere

Daar is IoT sensors wat aan diere op 'n plaas vasgemaak kan word om hul gesondheid en algemene prestasie te monitor. Meting van temperatuur, aktiwiteit en weidingspatrone kan gesondheids- en voedingsinligting oor elke individuele dier verskaf, sowel as kollektiewe inligting oor die hele trop.

Infrastruktuur

  • Monitor watertenkvlakke by wyse van afstandsbeheer
  • Monitor voerbak- en watertoevoervlakke, sowel as vloeitempo's
  • Waarneming van aanvulvlakke, temperatuur en humiditeit, sowel as verrotting en pesbesmetting in graansilo's.

 Omvattende (End-to-end) plaasbestuurstelsels

Die sogenaamde plaas produktiwiteit bestuurstelsels is 'n meer komplekse benadering tot IoT produkte, waar verskeie sensors gekombineer word met kragtige paneelbord analitiese vermoëns en ingeboude rekeningkundige/rapporteringsfunksies. Dit bied afstandsbeheerde plaasmoniteringsvermoëns en stel die gebruiker in staat om die meeste besigheidsaktiwiteite meer vaartbelyn te maak. Voorbeelde van sodanige stelsels is Farmlogs en Cropio.


Lees ook six cool examples of internet of things applications and how to develop one