Vleisbedryftrust bewillig finansiering vir vroue-nuwelinge




Terselfdertyd moet die aansoeker ʼn bestaande geregistreerde besigheid hê of ʼn landbouprodusent wees met minstens ʼn huurooreenkoms vir vyf jaar of toegang tot grond. Dit is belangrik om daarop te let dat aansoekers nie ʼn grondeienaar hoef te wees nie, maar wel bewyse – in die vorm van finansiële state of bankrekeninge, moet kan voorlê om hul deelname as kommersiële produsent te bewys. Net bees-, skaap- of bokboere kan vir die finansiering in aanmerking kom.

Die aansoekvorm kan hier ingevul word.

Volgens Willie Clack, een van MIT se trustees, sal die finansiering nie net slegs aan een aansoeker toegeken word nie.

* Die aansoeke is nie beperk tot ʼn spesifieke rasgroep nie, aangesien die omskrywing vir voorheen benadeelde groepe ook wit vroue insluit.