Vrystaat Jongboer van die Jaar van Port Arlington




“Ons kan nie ’n positiewe uitkoms verwag met negatiewe insette of onbetrokkenheid nie. Almal het ’n keuse om positief en konstruktief of negatief en destruktief te wees,” het Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou, gesê.
Die 2019 Vrystaat Jongboer van die Jaar-konferensie, wat trots deur Senwes geborg is, is op Woensdag, 17 April 2019 by die Monte Bello Landgoed in Bloemfontein gehou. Afrikaanse storieverteller en televisie-aanbieder Andries Vermeulen, het die konferensie geopen met ’n sterk Bybelse boodskap wat positiewe gesprek onder produsente regdeur die dag ontlok het.

Die tema van die konfererensie was toegang tot hulpbronne in ’n moderne landbouomgewing en spesialis navorsers in die landboubedryf soos Tiaan Terblanche, Phillip Oosthuizen, Divan van der Westhuizen en prof Johan Willemse, het data en inligting van onskatbare waarde met die konferensiegangers gedeel, wat jong produsente in Suid-Afrika kan help om hul besigheid strategieë te verbeter en slimmer boerderymetodes te implementeer. Volgens Sernick se Hoof van Ekonomie en Navorsing, Phillip Oosthuizen, kan tegnologiese en bemarkingsinnovasie jou ’n korttermyn mededingende voordeel gee en oor die lang termyn kan dit jou relevansie in die bedryf bepaal.