Vyfjarige agter trekkerstuurwiel




Tot almal se verbasing was die vyfjarige Jean Liebenberg besig om 'n trekker met groot gemak te bestuur. Sy pa, Toks Liebenburg, bestuur die plaas en hy was verstom toe hy in Oktober 2017 besef dat sy seun die trekker alleen kan bestuur. Dit het alles begin met Jean wat die plaas besoek het en op 'n plaaswerker se skoot gesit het om te sien hoe hy die trekker bestuur. Op dae wanneer daar nie skool is nie, spandeer hy die hele dag op die trekker en dut vir 30-minute sesssies tussenin. Liebenberg noem dat dit normaal vir plaaskiniders is om te weet hoe om plaastoerusting te hanteer, omdat boerdery deel van hul lewens is. Jean geniet dit op die plaas wanneer hy nie krieket speel nie en sy pa glo dat hy tussen boerdery en krieket sal kies as beroep wanneer hy ouer is. 

10 goeie redes waarom dit cool is om op 'n plaas groot te word: 

  1. Jou gesin is groter as die gemiddelde gesin - die plaasdiere is ook deel van jou gesin. 
  2. Jy leer hoe om trekkers te bestuur voordat jy 5 jaar oud is. 
  3. Jy sien hoe diere geboorte skenk.
  4. Jy het die geleentheid om rookvrye, onbesoedelde sonsopkomste en sonsondergange te sien, elke dag.
  5. Swem in 'n pannetjie/rivier gebeur lank voor swem in 'n swembad.
  6. Jy het nie 'n kamer vol speelgoed nodig nie - jou gunsteling tydverdryf is om die lammetjies te voer. 
  7. Jy vra nie waar voedsel vandaan kom nie - voedselproduksie is deel van jou lewe.
  8. Jy verstaan baie gou die konsep van reën en hoe belangrik dit in jou lewe is. 
  9. n Kettie leer jou hoe om te jag lank voordat jy eers weet wat 'n geweer is.
  10. Dit is geen probleem om vroeg op te staan nie - die gekraai van die hane is jou wekker.

Plaaskinders is baie meer bevoorreg as stadskinders, of is hulle? Deel jou opinie en foto's op ons Facebook-blad.